Huis Senior
Leer oor
Huis Senior
Huis Senior is 'n tehuis in Birchleigh, Kempton Park vir selfversorgende, onafhanklike seniors. Daar is 13 enkelkamers met badkamers om te deel. Huis Senior bied bekostigbare verblyf met die bykomende voordeel dat alle etes, elektrisiteit, wasgoed- en skoonmaakdienste ingesluit is.
Huis Senior het 'n kok wat gebalanseerde maaltye volgens 'n vasgestelde spyskaart voorberei. Sy word bygestaan deur 2 skoonmakers wat na die daaglikse huishouding en wasgoed van die inwoners omsien. Maatskaplikewerkdienste is beskikbaar.
Die instandhouding en bestuur van Huis Senior word deur Herfsland gedoen.
Die koste van die kamers verskil volgens die grootte van die kamers en wissel van R 6 537 – R9 488 per maand.
Ilze Pieterse
011 972 5417
manager@herfsland.co.za