Huis Senior

Leer Meer Oor

Huis Senior

Huis Senior is 'n tehuis in Birchleigh, Kempton Park vir selfversorgende, onafhanklike seniors. Daar is 13 enkelkamers met gedeelde badkamers. Huis Senior bied bekostigbare akkommodasie met die bykomende voordeel dat alle etes, elektrisiteit, wasgoed en skoonmaakdienste ingesluit is.

Huis Senior het 'n kok wat gebalanseerde maaltye volgens 'n vasgestelde spyskaart voorberei. Sy word bygestaan deur 2 skoonmakers wat die daaglikse huishouding en wasgoed van die inwoners versorg. Maatskaplike werkdienste is beskikbaar.

Die instandhouding en bestuur van Huis Senior word deur Herfsland behartig.

Die koste van die kamers verskil volgens die grootte van die kamers en wissel van R 7 020 – R 10 200 per maand.

Ilze Pieterse

011 972 5417
manager@herfsland.co.za

Verken

Huis Senior

Rol na Bo