Lewensreg Eenhede

Leer Meer Oor Ons

Lewensreg Eenhede

Herfsland het 44 Lewensreg Eenhede op die perseel vir selfversorgende en aktiewe ouer seniors. Elke eenheid het sy eie klein tuintjie. Elke tuin het sy eie persoonlikheid wat verskillende style en karakter weerspieël – altyd bedagsaam en rustig. Herfsland se tuinier en tuindienste versorg die gemeenskaplike gronde. Daar is 34 twee-slaapkamer – en 10 een-slaapkamer eenhede, sommige met motorhuise, ander met afdakke.

Hulle woon onafhanklik van die Tehuis, maar kan die verpleegpersoneel kontak in geval van 'n noodgeval. Vir hierdie doel is elke eenheid voorsien van 'n paniekknoppie. 'n Kamer in die Tehuis is opsy gesit vir die inwoners van die eenhede vir tydelike versorging, byvoorbeeld na 'n operasie of val. Inwoners kan ook etes by die hoofkombuis bestel en dit in die gemak van hul eie huis geniet. Inwoners van die Lewensreg Eenhede reël hul eie aktiwiteite en is ook welkom om deel te neem aan Herfsland se aktiewe verouderingsprogram.

Alhoewel 'n waglys gehou word, word faktore soos die dringendheid van die omstandighede van potensiële kopers, asook die beskikbaarheid van fondse, in ag geneem.

Ilze Pieterse

011 972 5417
manager@herfsland.co.za

Verken

Lewensreg Eenhede

Rol na Bo