Lewensregte-eenhede

Kom meer te wete oor ons
Lewensregte-eenhede
Herfsland het 44 Lewensregte-eenhede op die perseel vir selfversorgende en aktiewe ouer seniors. Elke eenheid het sy eie klein tuintjie. Elke tuin het sy eie persoonlikheid wat verskillende style en karakter weerspieël - altyd bedagsaam en rustig. Herfsland se tuinier en tuindienste sorg vir die gemeenskaplike terrein. Daar is 34 tweeslaapkamer- en 10 eenslaapkamereenhede, sommige met motorhuise, ander met motorafdakke.
Hulle woon onafhanklik van die Tehuis, maar kan die verpleegpersoneel kontak in geval van nood. Vir hierdie doel word elke eenheid van 'n paniekknoppie voorsien. 'n Kamer in die Tehuis word opsy gesit vir die inwoners van die eenhede vir tydelike sorg byvoorbeeld na 'n operasie of val. Inwoners kan ook maaltye by die hoofkombuis bestel en dit in die gerief van hul eie huis geniet. Inwoners van die Lewensreg-eenhede reël hul eie aktiwiteite en is ook welkom om deel te neem aan die aktiewe verouderingsprogram van Herfsland.
Alhoewel 'n waglys gehou word, is faktore wat in ag geneem word die dringendheid van die omstandighede van potensiële kopers asook die beskikbaarheid van fondse.
Ilze Pieterse
011 972 5417
manager@herfsland.co.za